Myna Banda, ’n student aan Boland-kollege (Caledon-kampus) ontvang haar Hewat Alumnibeurs-tjek. Saam met haar is lede van die Hewat Alumni komitee en personeellede van Boland College. Agter is Isaac Booysen, Malinda Booysen en Trevor de Bruyn. Voor is Afrika Tshona (kampusbestuurder Boland-kollege), Myna Banda, Doreen Slingers, Annelise van Zyl (departementshoof van Boland-kollege) en Nicky Hoffman (voorsitter van die Hewat-alumni-komitee).


Die Hewat-onderwyskollege, wat in 1941 gestig is, was oorspronklik in Roelandstraat, Kaapstad, gehuisves voordat dit na Athlone verskuif het, waar dit in 1996 gesluit is.

’n Groep oudstudente het die Hewat-alumni gestig en in Mei ’n reünie in Caledon gehou. Hulle het nie net heerlik gekuier nie, maar ook besluit om studente in die omgewing te help.

Alumni-lede het Vrydag 18 Augustus leesboekies by The Glebe Primêr in Myddleton asook by Boontjieskraal Primêr oorhandig. ’n Alumnibeurs ter waarde van R5 000 is by ’n kort geselligheid aan Myna Banda, ’n student by die Caledon-kampus van Boland College, oorhandig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article