“Die kiesers van die TWK was ontsteld en die DA het in skrille kontras met die koalisie na die inwoners geluister en Benjamin as kandidaat benoem. Die koalisie het egter Vrydag gewys hul magsbeheptheid en selfsugtige behoeftes geniet voorrang bo die belange van ons inwoners en hulle sal enigiets doen om aan die mag vas te hou,” het Sileku in ’n persverklaring gesê.

In haar inhuldigingstoespraak het Liebenberg beklemtoon sy moet ’n legendariese man se skoene vol staan, maar die tyd van Kallie Papier is verby en die tyd van Mary Liebenberg het aangebreek.

“Om as die burgemeester van die TWK aangestel te word, is ’n groot eer en ek sal die inwoners dien tot die beste van my vermoë. Ek hoop my aanstelling as burgemeester sal ander motiveer,” het sy gesê.

Sy het ook beklemtoon die TWK het groot uitdagings oor­kom en kan deur samewerking ook ander uitdagings oorkom.

“Ons moet die hoop terugbring na ons gemeenskap en ons munisipaliteit,” het sy gesê.

“Ek weet die TWK het beperkte bronne, maar ek weet ook hoe om mense te lei sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik. Om dié volle potensiaal te bereik, het ek die toewyding en ondersteuning van die koalisie­regering, die raad en elke beampte nodig,” het sy gesê.

Die onderburgemeester, John Michels, het ook gesê hy en GOOD sal die burgemeester ten volle ondersteun. “Ons het iemand nodig om ons vorentoe te neem, en ek het volle vertroue in die nuwe burgemeester,” het hy gesê.

’n Bom het ook Sondagaand gebars nadat die speaker van die TWK op ’n WhatsApp-groep aangekondig het hy gaan bedank.

Derick Appel, die speaker en ANC-raadslid, het om 22:16 die volgende gesê: “Good evening Caledon. I’m resigning as councillor and speaker tomorrow.”

Appel het wel aan Hermanus Times gesê hy het sy be­dankingsbrief vir die provinsiale sekretaris en die munisipale bestuurder gestuur. “Ek is tans besig om met die partyleiers te konsulteer, maar dit is die waarheid – ek het bedank en gaan op ons familieonderneming fokus,” het Appel gesê.

Die munisipaliteit het bevestig dat die skrywe wat deur die speaker gestuur was, nie amptelik en finaal was nie.

“Speaker, Derick Appel het nie as speaker van Theewaterskloof bedank nie en sit sy take soos normaalweg voort,” het die TWK-woordvoerder gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article