Gee jou braai skop met brandewyn-en-Coke-platrib.Bestanddele: ’n Bees-platrib1 koppie Coke½ koppie brandewyn1 eetlepel sojasous1 eetlepel WorcestersousTwee eetlepels tamatiesousTwee knoffelhuisies, fyngekapEen teelepel gedroogde origanumSó maak jy:
Meng die bestanddele vir die marinade goed saam.
Plaas die rib in ’n sterk en groot genoeg plastieksak, giet die marinade daaroor en vryf die vleis goed daarmee in.
Marineer vir ’n paar uur – verkieslik oornag.
Platrib is ’n taamlike stuk vleis en die braai daarvan gaan geduld verg. Jy moet dit dus minstens ’n uur lank oor stadige kole (lae hitte) braai.
Indien moontlik, stut die rooster dat dit regop langs die vuur staan. Só kan die braaiery begin reeds voordat die kole gereed is.
Verf die vleis kort-kort met die orige marinade.





