Die groot boom voor die biblioteek se stam is in pienk materiaal toegewikkel. Marlon Sauls, Joanna Marzec-Visagie, Vanessa Papier, Liesl Mouton, Sybil Lee en Gerhard van Wyk het gaan kyk.

Mitzi Buys

Die Caledon-biblioteek, in samewerking met die Caledon-museum, het Donderdag 19 Oktober ’n borskanker-bewusmakingsdag aangebied.

Tydens dié geleentheid, wat deur ds. Dewald du Toit met skriflesing en gebed geopen is, het verskeie gassprekers opgetree, kerse ter herinnering aan geliefdes is aangesteek en die groot boom voor die biblioteek se stam is met pienk materiaal toegedraai.

Die groot boom voor die biblioteek se stam is in p

Liesl Mouton, een van die sprekers, het openhartig oor haar borskankerreis gepraat en waardevolle inligting rakende borskanker met die gaste gedeel. (Hermanus Times 18 Oktober “Sy is daar vir al die ander”).

Alhoewel die klem op borskanker geval het, is strikkies vir verskeie ander kankertipes deur gaste aan die penbord aangebring.

Vanessa Papier, eggenote van Kallie Papier, die TWK se vorige burgemeester wat onlangs sy stryd teen kanker verloor het, het oor haar en die familie se reis tydens Oom Kallie se siekte gepraat.

Dit was ’n emosiebelaaide byeenkoms en veral tydens die aansteek van kerse vir kankeroorlewendes asook ter herinnering aan geliefdes, het die trane openlik gevloei.

Heerlike verversings is na afloop van die verrigtinge aangebied en etlike ander boomstamme in die dorp is later die middag ook in materiaal toegedraai, nie net in pienk vir borskanker nie, maar ook in die kleure van talle ander soorte en vorms van kanker.

Gerhard van Wyk van die Caledon-biblioteek was die gasheer vir dié spesiale byeenkoms.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article