Die atletiekseisoen is in volle gang en met die onlangse interskole waar verskeie skole van die Overberg deelgeneem het, was die atletiekbane, dorpe en skole in rep en roer. Die Hoërskool Hermanus het teen die Hoërskool Overberg van Caledon en Hoërskool Bredasdorp kragte gemeet, waarna Hermies as die wenners uit die stryd getree het. Curro Hermanus het teen De Villiers Graaff, Swellendam en die Hoërskool Montana van Worcester deelgeneem waar Curro die wenners van die dag was. Die Hoërskool Grabouw neem nie aan ’n interskole-atletiekbyeenkoms deel nie, maar tydens sy kleure-atletiek kon die atlete hul staal op die atletiekbaan wys. Die atlete het met die aanmoediging van hul dirigente uitgeblink, agter is Kay-Leigh Koch, Jady Henecke, Daniel Roos en Jozi Joseph. Voor is Alison Inyinbor, Tammy Kayser en Cady Sauls. Foto: Mariëtte Strydom


Atlete woeker op atletiekbaan en dirigente vang gees

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article