Die stadions oor die Overberg heen was die naweek (9 Maart) weer stampvol nadat die liga verlede week begin het.

Tydens die tweede wedstryd van die 2024-liga het spanne wat aan die Gemeenskapskild, Streekuitdaagbeker en die Grootuitdaagbeker deelneem, met hart en siel gespeel om as wenners uit die stryd te tree.

In die wedstryd tussen Grabouw en Caledon (Grootuitdaagbeker) het die span van Caledon gewys wat in hom steek. Nie net het hy voorlangs oorheers nie, maar die agterlyn was ook baie giftig en het die bal baie lug gegee.

Grabouw het te veel foute gemaak en kon nie die geleenthede benut wat oor sy pad gekom het nie. Hy het dus op die ou einde 8-36 in die stof gebyt.

Ander uitslae is soos volg:.Grootuitdaag: Genadendal 26-47 Safcol; Riviersonderend 14-25 Hawston; Black Leaves 0-34 Rangers Bredasdorp; Botrivier 23-40 Kleinmond..Streekuitdaagbeker: Struisbaai 24-18 Atlantics; Napier 9-14 Sea Hawks; Helderstroom 5-57 Universals Stanford; Elim 47-21 Greyton. Gemeenskapskild: Rangers 24-20 Oak Valley; Standards 52-12 Mortru; Zebras 9-32 Evergreens; Klipdale 12-22 Black Birds.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article