Tesselaarsdal-biblioteek het Biblioteekweek met ’n propvol program wat oor drie dae gestrek het gevier.

Die hele gemeenskap was betrokke, want daar was iets vir almal. Daar is kos gekook, gesing, speletjies gespeel en toesprake gehou. Verskeie instansies soos die Theewaterskloof-verkeersdepartement, die Caledon-ambulansdienste, Caledon-polisie en die Biblioteek vir Blindes het inligting met die kinders wat teenwoordig was gedeel.

Bibliotekaresse Jonelda Williams noem dat dit ’n reusesukses was en het al die rolspelers, asook die gemeenskap vir hulle ondersteuning bedank.

Gedurende die pas afgelope skoolvakansie het die biblioteek ook interessante programme vir kinders aangebied.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article