Die bekende Hettie Brittz gaan op 9 Mei ouers toespreek.


Solidariteit Helpende Hand bied op 9 Mei ‘n dag saam met die bekende Christelike skrywer en spreker Hettie Brittz aan.

Is jy ‘n mamma, pappa, ouma of oupa, selfs ‘n tannie? Of werk jy dalk met kinders bedags?  Dan moet jy nie hierdie geleentheid misloop nie. Sy is tree op by Doxa Deo in Somerset-wes op. 

Haar bekende boek Kweek Kinders met Karakter is nuut oorgeskryf en sy kom vertel ons daarvan. Kinders se “handleiding” is in ‘n groot mate in hulle unieke temperament opgeskryf.  Jy kan leer om elke kind se unieke handleiding te volg.  Kom luister hoe jy jou jong boompies kan buig sonder dat hulle knak, hoe straf vir verskillende kinders ‘n verskillende effek kan hê en nog baie meer interessante dinge.

Daar is net beperkte kaartjies beskikbaar vir hierdie geleentheid. Spring vinnig om joune hier te koop:  https://qkt.io/toCFXI

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article