Al was daar baie uitdagings die afgelope tyd in die appel- en peerbedryf, is Tru-Cape baie optimisties oor oes en die gehalte van die vrugte.


Al was daar
baie uitdagings die afgelope tyd in die appel- en peerbedryf, is Tru-Cape baie
optimisties oor oes en die gehalte van die vrugte.

Die 2023-’24-seisoen
het 10-14 dae vroeër as gewoonlik afgeskop en danksy die Ceres-streek, wat weer op dreef is na verlede jaar se haelskade ervaar ons ‘n normale oes van
bevredigende gehalte,” vertel Roelf Pienaar, besturende direkteur van Tru-Cape
Fruit Marketing.

Hoewel Hortgro
‘n styging van onderskeidelik 7% en 1% in die appel- en peeruitvoere voorspel het,
verwag Tru-Cape dat die totale volume
laer sal wees as wat aanvanklik verwag is. Volgens die besturende direkteur van
die Two-A-Day-groep sal volumes in die Elgin-, Grabouw-, en Villierdorp-streek na
verwag word hoër as verlede jaar wees.

Dit is ook
goeie nuus om te weet dat ‘n derde van die oes reeds verpak en gereed is vir
uitvoer. “Ons is veral opgewonde hieroor, want daar is nog 10 maande oor vir
bemarking en reeds is daar ‘n derde verkoop.”

Volgens
Tru-Cape is hulle ook baie opgewonde oor die verskillende variëteite wat nou al
hoe meer gewild raak en is dit veral die Verre Ooste, Verenigde Arabiese
Emirate en Europa wat graag van Suid-Afrika se appels en pere invoer. Maar die
probleme by die hawens bly ‘n probleem en kortwiek die uitvoere van vrugte.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article