Die vroue van Gorgeous Gansbaai Art Project hard besig om Gansbaai te verfraai. Foto: Gorgeous Gansbaai Art Project


Dit is nie net Hermanus en Onrus wat met hul mooi muurskilderye in die dorp kan pronk nie – Gansbaai het ook nou letterlik ’n nuwe baadjie aangetrek nadat kunstenaars besluit het om die middedorp ’n bietjie kleur te gee.

Die projek, die “Gorgeous Gansbaai Art Project”, wat deur die kunstenaars Louise Swart en Laurette Nel van stapel gestuur is, het baie reaksie uitgelok toe inwoners en besoekers deur Hoofstraat gery en die “gedaanteverwisseling” aanskou het.

“Verskeie geboue in Hoofstraat is geïdentifiseer waar ons die muurskil­derye gaan aanbring. Antje Stone, ook deel van ons, gee dan ’n grafiese voorstelling aan die eienaars van die geboue en hoop dat hulle goedkeuring sal verleen om die geboue op te vrolik,” het die vroue in ’n persverklaring gese.

Die eerste muurskildery in Gansbaai is by Kaliko Boutique Fabric Shop aangebring.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article