Met die Springbokke wat Saterdag die eerste keer ná die Wêreldbeker van verlede jaar kragte gemeet het, het die rugbykoors Suid-Afrika weer behoorlik getref. Plaaslike klubs in die Overberg het egter nie ’n ruskans gehad nie aangesien hulle in die Grootuitdaag- en ander kampioenskappe moet meeding. Saterdag het die verdedigende Boland-Grootuitdaagkampioen, Safcol, van Grabouw, gewys waarom hy die kampioenspan is en die span van Genadendal 50-21 geklop. Die kaptein van Safcol, Benjamin Dwayi, het soos voorheen sy hart uit gespeel. Regs is hy met die bal. Die ander uitslae was soos volg: Hawston 27-16 Riviersonderend
Safcol wys sy status 50-21
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.