Boekbesprekings gee jou nie net ’n dieper insig oor die skrywer nie, maar ook waarom die boek geskryf is.

Vanjaar se boekbesprekings op die Kalfiefees gaan gewis boekwurms se aandag prikkel.

Van die boekbesprekings is:

. Deon Meyer (foto) in gesprek met Jonathan Amid. Met min of meer 20 boeke, verskeie kortverhaalbundels en etlike televisie- en filmtekste op sy kerfstok, is daar min mense wat nog nie met Deon Meyer en sy werk paaie gekruis het nie.. Charmaine Africa Amma in gesprek met Bettina Wyngaard. Hermanus Amma is die verhaal van Charmaine Africa (ma van André en Nathan Trantraal) wat in ’n armoedige, a-politiese familie in Bishop Lavis teen die agtergrond van Apartheid grootword. Sy probeer haar familie bymekaar hou terwyl alles uitmekaar val. Dié memoir laat jou lag en huil en gaan sit diep in jou lyf.. Riku Lätti Taboek in gesprek met Tom Dreyer: “Riku Lätti se poësie-debuut is meer as net nog ’n oulike digbundeltjie in Afrikaans; ek beskou dit as ’n monumentale en omvattende deurgronding van alle aspekte van die moderne mens se soeke na betekenis en – hier kom die grootste verrassing – selfs ons opvattings oor die teologie,” sê Koos Kombuis. Kom luister na Riku se aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid.. Amore Bekker – Ek het ’n Engel gesien in gesprek met Helen Naudé. As voormalige RSG-aanbieder het Amore Bekker luisteraars gereeld gevra om hul ontmoetings en ervarings met engele te deel, en die reaksie was oorweldigend. Ek het ’n engel gesien is uit al dié gesprekke gebore. Die boek is gevul met diep menslike ervarings van hoogs geestelike wesens vanuit elke uithoek van ons land.. Rudie van Rensburg in gesprek met Nadine Petrick. Rudie van Rensburg, skrywer en skilder, het vroeër jare sy skryfspiere as joernalis ontwikkel. Sy debuutroman, Slagyster, het in 2013 verskyn en is opgevolg met ’n reeks misdaadromans oor sy bekende inspekteur Kassie Kasselman. En moenie van die nimlike ouetehuis- anargis, Hans van Kraaienburg, vergeet nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article