Dié vroue het hard gewerk om die immergewilde boepensbroodjies voor te berei. Van links is Elrina Oberholzer, Antoinette Victor, Christelle Victor, Gerty May en Rika du Buisson.Foto: Mitzi Buys


Die Protea Dienssentrum se jaarlikse basaar is onlangs in die saal van die NG Moederkerk gehou.

Daar was ’n wye verskydenheid vleis, groente, gebak, pannekoek, boepensbroodjies en gebreide artikels beskikbaar.

Besoekers kon ook rustig ’n koppie tee of koffie met melktert geniet.

Marlene Rousseau, die bestuurder van die Protea Dienssentrum, noem aan Hermanus Times hoewel daar dié jaar weens ’n groot plaaslike sportbyeenkoms minder besoekers by die basaar was, was die opbrengs beter as verlede jaar.

“Ons is baie dankbaar teenoor al ons skenkers wat bygedra het asook aan ’n ieder en ’n elk wat die basaar besoek het. Buiten ’n paar brei-artikels was alles baie vinnig uitverkoop, en daarvoor is ons baie dankbaar,” sê Rousseau.

Rousseau sê weens die feit dat die dienssentrum se subsidie heelwat verminder is, is geleenthede soos die jaarlikse basaar noodsaaklik vir geldinsameling.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article