Die president van die Sirkel-Overberg, Elbé Fourie, sny die koek ter viering van die VLV se 95ste bestaansjaar. Saam met haar is die sirkelbestuur van die Overberg-takke.Foto: Mitzi Buys


Die Vrouelandbouvereniging (VLV) is op 15 Oktober 1929 deur Jossie Ackerman in Franschhoek gestig en 95 jaar later gaan dié vereniging van krag tot krag met takke waar lede aktief deelneem aan die maandelikse byeenkomste, kompetisies en ander aktiwiteite.

Woensdag 16 Oktober het die sirkelbestuur van die sewe takke van die Overberg-sirkel bymekaargekom om die verrigtinge vir volgende jaar te bespreek.

Die sewe Overberg-takke is Bredasdorp, Caledon, Gansbaai, Hermanus, Jongensklip, Kleinmond en Villiersdorp.

Voor die verrigtinge begin het, kon die lede eers oor ’n koppie koffie en heerlike eetgoed bietjie gesels. As verrassing was daar ook ’n spesiale pragtig versierde koek ter viering van die VLV se 95ste bestaansjaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article