Met die lang winter wat die Overberg-inwoners die afgelope maande moes verduur, en die somer wat plek-plek sy kop uitsteek, verkies die avontuurlustiges dit deesdae om buitemuurs te wees. Hierdie naweek word die tweede Buitelewe- en Avontuur-ekspo by die Elgin-sportklub buite Grabouw aangebied. Die byeenkoms behels uitstallings van die jongste buitelewe- en avontuurleefstyl-voertuie en toerusting en is op die hele gesin gemik. Dit sluit gewone en veldrywoonwaens, 4×4-veldryvoertuie, nutsvoertuie en veral sportnutsvoertuie sowel as kampeer- en ander toerusting vir ’n vakansie of leefstyl in die veld in. Avontuurlustiges kan die uitdagende 4×4-roete in hul eie voertuie (foto) langs die ekspo aandurf. Lees nog op bladsy 10.

Buitelug wink vir almal

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article