Die Buitelewe- en Avontuur-ekspo in Grabouw is hierdie naweek uiteindelik hier.
Nuwe uitstallers, soos Tuff Cats-veldrysleepwaens en die nuwe Rooivalk-veldrywa van Boland Caravans, Volkswagen en All Terrain Vehicle Service Centre van Hermanus asook Smoke Shack en talle ander, sal ’n magdom 4×4’s, kamptoerusting en buitelewe-toebehore sowel as kos en ander lekkernye ten toon stel en verkoop.
Bring jou hond aan ’n leiband om die dag te geniet en ontmoet honde van die K9-soek-en-reddingseenheid wat sal wys hoe hulle mense in rampgebiede uitsnuffel.
Die hekke open Vrydag om 12:00, Saterdag van 08:00 en Sondag om 08:00. Jy is ook welkom om die Grabouw-4×4-roete langs die ekspoterrein op eie koste aan te durf.
Kaartjies kan by die hek of aanlyn by www.ticketpro.co.za gekoop word.





