Tweekamp, word gereeld gesê, is voorwaar ’n sport vir jonk en oud. By die onlangse Boland-Tweekamp-ligabyeenkoms in Bonnievale op Saterdag 7 Desember het van sewejariges tot mans ouer as 70 jaar deelgeneem. Onder die oudste atlete was die oud-Paul Roos Gimnasium- onderwyser Coenie van Vuuren van Stellenbosch, wat as meestersatleet steeds ’n 400 m in 1:47,70 kafdraf en saam met sy 50 m-swemitem ’n stewige puntetelling van 2 043 ingesamel het. Die volgende ligabyeenkoms is op Saterdag 18 Januarie by Paarl Gimnasium. Vir meer inligting oor die sport, besoek www.bolandtweekamp.org.za. Foto: Engela Duvenage
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.