Tonya Schoeman (links), ’n lid van die Stellenbosch Fencing Academy, het die naweek van Vrydag 18 Augustus aan die Wes-Kaapse Skermkampioenskap by Christel House in Ottery, Kaapstad, deelgeneem. Die talentvolle 15-jarige het drie medaljes in die o.15-, o.17- en o.20-Epee-dissiplines verower. Ná ’n naelbyt-ronde van 15/14, met slegs 19 sekondes oor op die horlosie, het sy die halfeindronde gewen om na die eindstryd dring te dring. In die eindstryd het sy met 15/10 geseëvier om die o.20- goue medalje huis toe te bring. By Schoeman is haar trotse afrigter, Marius Titus.Foto:
Tonya wen goud in skerm
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.