Luna Paige maak draai in Eikestad op #DieReisigers-toer pas nadat sy haar nuwe enkelsnit bekendgestel het.
Die Cheng² Duo open Vrydag 20 Februarie die 2026 Endler-konsertreeks met ‘n tjello-en-klavieruitvoering. Die JUNO-genomineerde sibbe Bryan Cheng (tjello) en Silvie Cheng (klavier) is internasionaal bekend vir hul energieke spel…
Hermanus Schmidt, ‘n gr. 11-leerder aan Paul Roos Gimnasium, is die wenner van die Atterbury-nasionale klavierkompetisie.
Van orkesglans en grootskaalse koormusiek tot die suiwer stemme van een van Suid-Afrika se voorste jeugkore, beloof die 2025- Endler-Kersseisoen ‘n vreugdevolle afsluiting van ‘n jaar vol inspirerende musiek.