Andries en Nicolas van der Vyver, van Paul Roos Gimnasium, was lede van die Westelike Provinsie-gholfspan tydens die interprovinsiale Katberg Challenge vir 2021 wat van 19 – 22 Maart by die Katberg-gholfoord in die Oos-Kaap aangebied is. Dié toernooi is spesiaal vir o.15-gholfspelers. Die WP-span het as wenners uit die stryd getree en het met 51 houe gewen. Andries is gelys as een van die top-10-spelers en het uiteindelik ’n vierde plek behaal met slegs een hou agter die tweede en derde plekke. Nicolas spog met ’n “naaste aan die putjie” – na ’n skitterende laaste rondte van 76 en ’n algehele 12de plek. Foto:
Sibbe blink in gholf uit
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.