Stellenbosch Wynroetes se poging om die allerbeste te wys, het ’n groter aansporing danksy ’n nuwe voertuigborgskap van ’n gemerkte Mahindra Scorpio-N van die Rola-motorgroep. Die voertuig, ’n uitstaande sportnuts wat gesofistikeerde ontwerp en verrigting kombineer, verpersoonlik kernwaardes van uitnemendheid, toewyding en vernuwing wat deur beide Stellenbosch Wynroetes en die Rola-motorgroep gedeel word. “Die Rola-motorgroep is trots om met die Stellenbosch Wynroetes deur hierdie voertuigborgskap geassosieer te word,” het Rola se uitvoerende hoof, Marius Claassen, gesê. “Die Rola-nalatenskap strek oor ses dekades sedert 1963, en daarom het ons ’n groot waardering vir erfenis. Wat ’n beter manier as om saam te werk met die buitengewone nalatenskap en uitsonderlike gehalte van die wyne van Stellenbosch, die Helderberg, en omliggende gebiede?” Elmarie Rabe, bestuurder van Stellenbosch Wynroetes, het bygevoeg: “Ons is baie opgewonde oor hierdie geleentheid. Stellenbosch Wynroetes bevorder en bemark Stellenbosch sedert 1971 as ’n vooraanstaande wynbestemming, wat ’n geskiedenis en liefde vir die streek – amper so oud as die wynland-gebaseerde Rola-motorgroep – deel.” By die oorhandiging van die voertuig (van links) is Elmarie Rabe, Me
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.