Die geliefde Afrikaanse sanger en akteur Robbie Wessels is terug met ’n splinternuwe album, Racheltjie de Beer: Die Album.

Die album, wat van Vrydag 29 Augustus op digitale musiekplatforms beskikbaar sal wees, volg kort op die hakke van die titelsnit, wat onlangs vrygestel is en reeds luisteraars diep geraak het en op trefferparades reg oor die land gekuier het.

Robbie Wessels se splinternuwe album, Racheltjie de Beer: Die Album.

Die musiekvideo van die titelsnit, deur Gerduan Kemp, sluit eksklusiewe beeldmateriaal uit die rolprent Racheltjie de Beer in en dra by tot die emosionele trefkrag van die lied.

Die album bevat nege snitte, waaronder vars verwerkings van gewilde treffers soos “Trein na Matjiesfontein” en “Wil Jy Dans Carina”? – natuurlik met Robbie se kenmerkende komediese aanslag wat hom oor die jare so uniek gemaak het.

Tog bied Racheltjie de Beer: Die Album ook plek vir dieper lirieke wat luisteraars opnuut gaan roer, wat ’n fyn balans tussen humor en hart skep.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article