Die plaaslike rivier in Klapmuts wat verby die R101, ofte wel die Ou Paarlpad loop, bly gedurig ’n teiken van onwettige storting wat verdere besoedeling in die gebied aanhelp. By navraag aan die Stellenbosch-munisipaliteit het die woordvoerder, Stuart Grobbelaar, gesê hulle is bewus van onwettige stortings wat langs die rivier plaasvind en gee deurlopend daaraan aandag. Hy het gesê skoonmaakspanne word gereeld uitgestuur om die gebied op te ruim en munisipale wetstoepassers patrolleer ook gereeld die omgewing. Maar nietemin bly die vullisstorting ’n voortdurende probleem. Samewerking van die gemeenskap sal ’n groot verskil maak om onwettige stortings te bekamp en kan gedoen word deur dit by die munisipaliteit aan te meld, het Grobbelaar wel verduidelik. Foto: Jana Scheepers


Rivier in Klapmuts bly teiken van onwettige storting

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article