Hestelize Ross van Paul Roos Gimnasium en haar Afrikaans- eerste addisionele taal-klasse het op Mandeladag met ’n mini-insamelingsprojek vir AWWS (Animal Welfare Society Stellenbosch) begin. Die seuns kon vir twee weke dierekos en enige artikels wat die diere sal kan help, klas toe bring. Heelwat seuns het ook ’n finansiële bydrae gemaak, waarvan die hoogste bydrae R200 was. Ross het met dié skenkings dierekos aangeskaf, wat sy Maandag (31 Julie) saam met die ander skenkings by AWWS afgelaai het. Van links is Tristan Pretorius (gr. 10), Jordan Randelhoff (gr. 10), Hestelize Ross, Einwald Hjelden (gr. 10) en Caleb Waugh (gr. 11). Foto:


PRG-leerders help insamel vir dierewelsyn

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article