Die plaaslike bekroonde kunstenaar Jan Hendrik Viljoen (regs), ook bekend as Portchie, vier sy 60ste verjaardag deur die grootste kunsuitstalling nog in die Stellenbosch-stadsaal aan te bied. Die uitstalling het Saterdag (19 November) geopen en sluit vandag (Donderdag 23 November). Die geleentheid, getiteld Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square, dien ook as ’n danksegging vir die mense en dorp van Stellenbosch, waar Portchie die afgelope 30 jaar woon. Die binnekant van die stadsaal is soos iets reg uit ’n Portchie-skildery herbou, met reuse- blou bome en madeliefies, asook ou, nuwe en eksperimentele skilderye en beelde wat die plek vol staan. Gr. 1-leerders van plaaslike skole het ook van Portchie se skilderye oorgeteken en hul werke word ook hier uitgestal. Opbrengste van die toegangsgeld sal tussen Huis Horison en Geluksoord verdeel word. Foto: Francois Lombard
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.