’n Fees wat alle sintuie geprikkel het – só kan ’n mens die jaarlikse Stellenbosch-Oesfees-optog, wat Saterdagoggend (28 Januarie) die strate van die Eikestad in ’n see van kleur, vlotte en jolyt omgeskep het, beskryf. Die optog, wat by die Stellenbosch-speelgoedmuseum begin het, het deur die middedorp tot voor die Stellenbosch-stadsaal beweeg, waar optogdeelnemers deur adv. Gesie van Deventer, Stellenbosch se burgemeester, en dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister vir landbou, toegespreek is voor dit weer sy weg na die museum gemaak het. Die agtjarige Ashley-Ann Daniels en sewejarige Mia Booysen, wie se ouers op die Blaauwklippen-wynlandgoed werk, het die geleentheid om op die Blaauwklippen-vlot deur die dorp se strate te ry, terdeë geniet. Die Lanzerac-wynlandgoed het vanjaar met die prys vir die beste vlot weggestap.Foto: Jaco Marais/Netwerk24


Oesfees prikkel sintuie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article