Hierdie foto van Jakhalskloof in die rigting van Klapmutskop is vanoggend geneem en wys die nadraai van die brand op Simonsberg.

Fairtree Contour

“Daar is niks meer wat kan brand nie.”

So het Uitkyk-landgoed bestuurder, Rudi Buys, vanoggend aan Eikestadnuus gesê.

Die plaas is een van verskeie landgoede wat skade gely het as gevolg van die brand op Simonsberg.

“Ons het so 30 of 40 hektaar se plaasgrond verloor en so 300 hektaar berg- en kloof grond.

“Ons fokus is nou om alles wat nog smeul reg te maak en te kyk hoe ons ons bure kan help.”

Buys glo nie die brand sal weer by Uitkyk opvlam nie.

Die brand op Simonsberg is nog nie onder beheer nie, maar daar is geen onmiddelike gevaar vir enige eiendom of lewens nie sê Ian Ross van die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit.

Volgens Ross grondspanne en voertuie tans besig om te brand bestry.

Helikopters staan gereed om waterbomme te gooi waar nodig.

Die omtrek van die brand se skade sedert dit Dinsdag begin het, is 1 400 hektaar.

Die wind maak dit steeds moeiliker om te keer dat die brand versprei en die Suidooster is vermoedelik besig om die vuur by die berg af te jaag.

Verskeie boere en bestuurders het gisteraand weer deur die nag gewerk om die vlamme weg van hul wingerde te hou en was nie vanoggend beskikbaar vir kommentaar nie.

Hier is ‘n kort opsomming van die skade by sommige landgoede in die omgewing van die brand:

Tokara: Wingerde is relatief onbeskadig gelaat, meer skade aan die woud om die landgoed. Nie bekommerd dat die vuur sal opvlam nie.

Delheim: Geringe skade aan wingerd, fokus op brand weg van wingerde hou veral met Oesfees wat hierdie naweek daar plaasvind.

Backsberg: Geen skade aan wingerde, hoofsaaklik aan woud om landgoed.

Babylonstoren: Geringe skade aan wingerde bo in die berg, verder beperk tot verlies aan bosse en bome.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article