Theewaterkloofdam
Die Stellenbosch-munisipaliteit oorweeg waterbeperkings. Die Theewaterkloofdam (foto)was vandeesweek 53,92% vol.

Die Stellenbosch-munisipale raad sal volgende week besluit of waterbeperkings ingestel sal word.

Dit volg weens die dalende damvlakke in die provinsie en die plaaslike Idasvallei-dam wat verlede week slegs 30% vol was.

Anton Bredell, die minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning vir die Wes-Kaap, het met munisipale beamptes van onder andere Stellenbosch ontmoet om watersekuriteit sowel as voorkomings- maatreëls te bespreek.

Werk is aan die gang om die Kleinplasie- dam deel van die plaaslike munisipale waternetwerk te kry en boorgate beskikbaar te stel om die vraag na water aan te spreek.

Photo by alex cherry op Unsplash
Stellenbossers word gemaan om water spaarsamig te gebruik. Foto: Alex Cherry/Unsplash

As voorsorgmaatreël het Bredell Stellenbosch versoek om waterbeperkings te oorweeg.

In reaksie sal die Stellenbosch-munisipaliteit, wat reeds inwoners gevra het om watergebruik met 15% te verminder, volgende Vrydag (27 Februarie) oor waterbeperkings besluit.

Stellenbosch ontvang water van die Wes-Kaapse watervoorsieningstelsel, met die gesamentlike damvlakke wat die afgelope Maandag (16 Februarie) 57% was, teenoor 76,2% verlede jaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article