Ryan Manuel van FNB Maties op die hakke van Luan van der Walt tydens die FNB Varsitybeker halfeindstryd. Foto: Asem Engage

Die FNB Maties-span moes stert tussen die bene terugkeer na die Kaapse Wynland, ná hy die afgelope Maandagaand (6 April) in Potchefstroom ‘n behoorlike pak slae in die halfeindstryd van die FNB Varsitybeker deur FNB NWU Eagles toegedien is.

Die Eagles-tuisspan het op tuisbodem op die Fanie du Toit-sportterrein ‘n dominerende tweede helfte oplewer om ‘n 50-10-oorwinning oor die Stellenbossers aan te teken en na die 2026-eindstryd teen FNB UP-Tuks deur te dring.

Ryan Manuel van FNB Maties probeer om 'n stormlopie deur Luan van der Walt te keer tydens die FNB Varsitybeker halfeindstryd tussen die twee spanne by die Fanie du Toit-sportterrein. Foto: Asem Engage
Ryan Manuel van FNB Maties probeer om ‘n stormlopie deur Luan van der Walt te keer tydens die FNB Varsitybeker halfeindstryd tussen die twee spanne by die Fanie du Toit-sportterrein. Foto: Asem Engage

Voor die stampvol stadion het die tuis- span ‘n kliniese en meedoënlose vertoning opgedis om sy teleurstelling van vroeër in die seisoen, met sy nederlaag teen die Maties in Stellenbosch, om te swaai na vreugde toe dit die meeste tel.

Die eerste helfte was ‘n tameletjie, met die telling op 10 elk teen halftyd. In die eerste helfte het beide spanne ‘n verdoele drie en strafskop aangeteken.

Die Eagles het met mening na die veld teruggekeur en drie drieë in die eerste 18 minute van die tweede helfte aangeteken en beheer van die wedstryd geneem. Hul tempo, fisieke spel, akkuraatheid en verdediging was net te goed vir die besoekers.

Met momentum aan sy kant, het die laaste kwart van die wedstryd aan NWU behoort met drieë wat ingestroom het om ‘n plek in die eindstryd te verseker.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article