Die Hoërskool Kylemore het sy borge, Le Pommier-wynlandgoed en Banhoek Farmstall Café, bedank vir die pragtige atletiekdrag waarin 13 van dié skool se atlete die komende naweek by die Boland Sentraal-kampioenskap sal pronk.
Die skool se atletiekspan het onlangs die derde plek uit sewe skole by die Stellenbosch Tradisionele-atletiekkompetisie behaal, waar dié 13 atlete op die baan en veld uitgeblink het.
Die skool het die deelnemers vir hul toewyding, harde werk en deursettingsvermoë bedank, asook die atletiekkoördineerder, Deveron Rhode, vir sy beplanning en bestuur van die atletiekspan.
“Ons wens alle atlete wat hierdie komende naweek (Vrydag 13 en Saterdag 14 Februarie) deelneem, alle voorspoed toe. Wees trots op julself – op die ou einde, soos ons leuse sê, ‘Elke dag voluit, trots Kylemore’,” het Rhode die atlete aangemoedig.







You must be logged in to post a comment.