Die Stellenbosse musiekgroep Francis Na Die Maan het Vrydag (15 Augustus) hul tweede vollengte album, Johanna van Ark, op alle digitale platforms vrygestel. Johanna van Ark is ‘n konsep-album wat ‘n storie van liefde en verlies vertel. Die hele fiktiewe storielyn vind plaas op ‘n Middeleeuse slagveld. Francis Na Die Maan bestaan al sedert 2022 met Wielan du Plessis (regs; baskitaar, stem en kitaar) en Kobus Erasmus (links; stem, kitaar en vervaardiging) as lede. Die groep het hul eerste album vincent in April 2024 vrygestel, en kort daarna reeds aan hul tweede album begin werk. In die oploop tot die vrystelling van Johanna van Ark het die groep vier enkelsnitte vrygestel waarmee hulle hulself op die Stellenbosch-toneel gevestig het. Francis Na Die Maan is ‘n onafhanklike musiekgroep wat al hul musiek self opneem, vervaardig en vrystel. Volg gerus die groep op Instagram (@FrancisNaDieMaan). Foto: Jandré Erasmus

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article