Paul Roos Gimnasium se eersterugbyspan het ’n sukkelbegin tot die seisoen gehad, maar is onoorwonne in hul laaste vyf wedstryde. Die eerste rugbyspanne sal Saterdag om 14:00 by die Markötter-velde kragte meet.Foto:


Die komende naweek is D-dag vir Paul Roos se sportspanne wanneer hulle jaarlikse interskole teen Grey Kollege van Bloemfontein te staan kom.

Verlede jaar het Paul Roos naelskraap 32-34 in Bloemfontein verloor, maar die span sal hoop dat die tuisveld voordeel, soos in 2015, vanjaar weer die wa deur die drif sal trek.

Grey Kollege het vanjaar nog net een keer verloor, en alhoewel Paul Roos ’n sukkelbegin tot die seisoen beleef het, het die span sy laaste vyf wedstryde oortuigend gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article