Rolbal bied die perfekte geleentheid vir informele spanbou, verjaarsdagvieringe of sommer net ’n pretdag saam met vriende. Foto:


Huis Horison se eerste rolbalkompetisie van die jaar is om die draai en jy word uitgenooi om die bal vir ’n goeie doel te kom rol.

Hierdie geldinsamelingsgeleentheid is ’n pret-sportdag wat veral gewild is by jong werkende mense, asook mededingende spelers. Altesaam 24 spanne van vier spelers kan inskryf.

Dit is die perfekte geleentheid vir informele spanbou, verjaarsdagvieringe of sommer ’n pretdag saam met vriende.

Spelers, voornemende spelers of nie-spelers word uitgenooi om deel te neem. ’n Inligtingsessie vir nuwe spelers sal vooraf oor die spel aangebied word.

Die eerste van vanjaar se rolbalbyeenkomste is die Paas-pret-byeenkoms, wat Vrydag 22 April plaasvind, en die tweede, die Kaalvoet-rolbalbyeenkoms, wat vir Vrydag 30 September beplan word.

Die inskrywingsfooi vir ’n span bestaande uit vier spelers beloop R1 200, wat die baanfooie, huur van balle, geskenke en ’n ligte aandete insluit. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees asook pryse vir die beste spelers, die bes geklede spelers sowel as geheime pryse.

Spanne wat vir albei rolbaldae inskryf, kan die voordeel van ’n afslag geniet. Bemarkingsgeleenthede is nog beskikbaar vir sakeondernemings wat graag borge wil wees.

Alle spelers moet teen 15:30 aanmeld vir die verwelkoming en instruksies. Die spel begin stiptelik om 16:00.

Deur deel te neem, kry ondernemings en spelers die geleentheid om ’n positiewe verskil te maak in die lewe van mense met ’n primêre intellektuele gestremdheid.

Vir navrae of om ’n span in te skryf, bel Lauren Pillay by 021 887 5080 of stuur ’n e-pos-boodskap na projekte@huishorison.org.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article