Die Sun Quintet tree môreaand (Vrydag 4 Oktober) as deel van die Jazz at the Konserve-konsertreeks by die nuwe jazz-ruimte van die Universiteit Stellenbosch (US) se konservatorium op. Die konsertreeks is deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees. Die Sun Quintet is ’n opwindende jong groep – almal studente en alumni van die jazzafdeling van die US se departement musiek onder mentorskap van Ramon Alexander, wat die Suid-Afrikaanse jazztoneel stormgeloop het. Nadat hulle onlangs die pryse vir die beste jazz-album en beste jazz-snit by die 2024- Mzantsi Jazz-toekennings in Soweto gewen het, het die groep vinnig ’n huishoudelike naam geword. Die pianis Melisizwe Plaatjies en die tromspeler Stuart Martin, albei lede van die National Youth Jazz Band in Makhanda in onderskeidelik 2023 en 2024, word deur die saksofoonspeler Sibonelo Kodisang, die tromboonspeler Aubrey Matsila en die baskitaarspeler Chadleigh Growar ondersteun om ’n onvergeetlike jazz-ervaring te skep. Van links is Martin, Plaatjies, Matsila, Growar en Lynch. Die konsert begin om 20:30, gevolg deur ’n jam-sessie van 22:00 tot 23:00, dus kan jy jou instrument saamneem en aansluit! Kaartjies kos R120 deur Quicket of R150 by die deur. Besoek www.woordfees.com vir meer inligt
Kom ‘jam’ saam met kwintet
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.