Die Maties-tak van AfriForum Jeug het op Vrouedag (Woensdag 9 Augustus) ’n paneelgesprek in die Neelsie Cinema op die Stellenbosch-kampus aangebied. Alison Botha (heel regs) en Lee Rossouw het as sprekers opgetree. Die gesprek het gehandel oor geslagsgebaseerde geweld en hoe vroue die lewe ná sulke voorvalle in die oë kyk. Rossouw het gesels oor haar ervaring by ’n huis van veiligheid vir vroue wat slagoffers van mishandeling of mensehandel is. Botha het op haar beurt haar wonderwerk-verhaal van oorlewing vertel. Die gehoor het ná die gesprek ’n geleentheid gekry om vrae te vra en hul eie stories te deel. “Dit was absoluut ongelooflik om so ’n diverse groep jongmense en volwassenes te sien wat diep omgee oor hierdie onderwerp,” het Jolene le Roux, die takvoorsitter, gesê. Van links is Lee Rossouw, Jolene le Roux, Lezanè Ferreira, Jeandre Rhodes en Alison Botha.Foto:
Jeug praat oor geweld teen vroue
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.