Drie leerders van Idasvallei Primêr is onlangs in die Bolandse skole-atletiekspan opgeneem nadat hulle by die Boland-kampioenskappe in die Paarl uitstekend gevaar het. Voor: Liam Poole (links) is ook in die Wes-Kaapse atletiekspan opgeneem. Hy het ook die Boland 100 m-rekord vir seuns o.12 by die Boland-kampioenskap in ’n tyd van 12:40 voltooi en die rekord verbeter. Melissa Mhone (middel) het vierde geëindig in 13:51 in die 100 m vir o.13-meisies en Julio Williams was tweede in die o.13-gewigstoot vir seuns nadat hy die gewig ’n stewige 10,38 m gestoot het. Saam met hulle op die foto is (agter) Anton Gordon (skoolhoof) en Ashluleeta Hartogh (afrigter).
Idas-leerders laat rekords spat
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.