Die Hoërskool Cloetesville het koning gekraai by die 2025-aflewering van die Lückhoff-en-Cloetesville-derby. Die skole het vanjaar weer op die Van der Stel-sportterrein kragte gemeet met die groot geleentheid wat op Saterdag 23 Augustus aangebied is. Cloetesville se o.19-sokkerspan het die wen verseker toe hulle Lückhoff met 3-0 verslaan het. Die span het die wen aan hul voormalige kaptein Enrico Isaacs opgedra wat vroeër vanjaar tydens die 2025 Kay Motsepe-skolebeker sy skouer gebreek het. Die doele is deur Ethan van Neels, die span se jongste speler, aangeteken. In die 40 minute het die huidige kaptein, Curtlee Kerwil, sy skool op hul voete gehad toe hy ‘n doel 10 minute later in die doelhok gekry het en die plaasvervanger Diwan Jappies het op sy beurt die laaste doel aangeteken wat die beker vir die Hoërskool Cloetesville verseker het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article