Die winter is hier en dis koud, maar Fokofpolisiekar weet goed hoe om ’n gehoor op te warm. Die “bende” stel Vrydag 19 Julie sy jongste vollengte album, Dans Deur Die Donker, by The Daisy Jones Bar buite Stellenbosch bekend. Mense kan kom kop skud op ou Fokofpolisiekar- treffers soos “Hemel op die platteland” en “Antibiotika”, asook nuwe treffers soos “Die goeie ou dae” en “Dans deur die donker”. Slegs 350 kaartjies word beskikbaar gestel om seker te maak daar is genoeg ruimte binne sodat almal ’n goeie tydjie kan geniet. Tien BBP-kaartjies is beskikbaar, wat toegang tot die balkon, gratis Fokof Lager en ’n getekende Fokofpolisiekar Woorde 2003-2023-bundel insluit. Die deure open om 17:00 en die program begin met optredes deur Cistamatic (20:00), The Man Motels (21:00) en Fokofpolisiekar (22:00). Kaartjies is aanlyn by https://bit.ly/FOKOFDaisyJones te koop.Foto: Wayde Flowerday


Groep gaan gehoor goed opwarm

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article