Die geweld in Cloetesville het vandeesweek nog ‘n jong lewe geëis nadat ‘n tiener in die buurt afgemaai is.
Volgens Cloetesville-polisie se woordvoerder AO Zanobia Sedeman, het polisiebeamptes Dinsdag (22 Julie) in Langstraat, Cloetesville aangekom waar hulle die oorledene gevind het.
Die 15-jarige seun was binne ‘n erf in die straat en is moontlik twee keer geskiet.
Aanvanklike inligting van ‘n skietery in Langstraat het omstreeks 17:00 die ronde begin doen met inwoners wat gewaarsku is om die gebied naby die “pienk woonstelblok” te vermy.
Woensdagoggend kon skote steeds in die buurt gehoor word met vele inwoners wat gekoes het. Teen laat middag was daar egter ‘n sterk polisie teenwoordigheid in die buurt.
Sedeman sê die motief vir die tiener se dood is nie bekend nie.
Enigeen met inligting word geva om Kaptein Rian Wiese op 082 778 9952 te bel.







You must be logged in to post a comment.