Drie plaaslike klubs het bekers by die WP-prysuitdeling gewen. Image: Freepik
Die Westelike Provinsie Rugbyunie het verlede maand (Woensdag 19 November) sy bekeruitde- ling by die Kelvin Grove-hotel in Nuweland gehou. Spanne van in en om Stellenbosch is vir prestasies in 2024 en 2025 vereer. Geen bekeruitdeling is verlede jaar gehou nie en ‘n gesamentlike prysuitdeling is vanjaar aangebied. Avril Fillies van die Van der Stel-Evergreens-rugbyklub het namens dié klub se tweede span, die 2024-ligawenners, die beker van Connor Evans, slot van die DHL Stormers, ontvang.Warrick Gelant, die heelagter van die DHL Stormers, staan tussen Marshallino Brits en Marlon Muller van Blue Stars United van Klapmuts. Dié klub se tweede span het verlede jaar die Promosieliga gewen en vanjaar was sy derde span onoorwonne. Foto: Avril FilliesRaithby Universals se eerste en tweede spanne is vanjaar as die wenners van die Promosieliga gekroon. Van links: Beniton Klaasen, Migael Herbert, Phillip Daniels en O’Ryan Gordon glimlag breed met die klub se bekers. Foto: Avril Fillies
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.
You must be logged in to post a comment.