Vroue van Klapmuts het Vrydag 29 Augustus vir ‘n laaste bewusmakingsveldtog vir Vrouemaand byeengekom. Lede van die plaaslike gemeenskaps polisiëringsforum (GPF), die slagoffer-ondersteuningsgroep en die geestelike intervensiegroep asook beamptes van die Klapmuts-polisie en die Stellenbosch-munisipaliteit se verkeersafdeling, het seker gemaak inwoners agter die stuur het inligting oor geslagsgebaseerde geweld en waar om vir hulp aan te klop. Foto: Yaël MalgasDie groep vroue wat inligting aan Klapmuts-inwoners en plaaslike motoriste verskaf het, het die volgende ingesluit: Sers. PJ Petersen, Mashell Koopman (GPF), Caroline van Heerden (slagofferondersteuner), Jennefer Fisher (buurtwag), Elizma Johnathan (slagofferondersteuner), Deonique de Villers (buurtwag), Amanda de Villiers, Ursula Japtha (voorsitter van die buurtwag), die verkeersbeamptes L. Moses en Y. Snyders en die Klapmuts-polisie se sers. Madilyn Dombas. Foto: Yaël MalgasVerkeersbeamptes het seker gemaak al die motoriste wat verby die groep in Stellengate-rylaan gery het, se rybewys en motorlisensies op datum is. Volgens sers. Madilyn Dombas, ‘n woordvoerder van die Klapmuts-polisie, was Vrydag se geleentheid ‘n belangrike, proaktiewe manier vir die veiligheidsrolspelers om Vrouemaand saam af te sluit. Foto: Yaël Malgas
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews op WhatsApp or scan the QR code for instant access.
You must be logged in to post a comment.