Die strate van Pniël was pienk op Vrydag (23 Oktober) as deel van Borskanker-bewusmakingsmaand en die groepe het vroue aangemoedig om veral vandeesmaand na hul gesondheid te kyk.
Die gesondheidsbewusmakingsdag is deur Cameron Alberts, ‘n Pniëller en finale jaar-maatskaplike ontwikkelingstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
Alberts is doen nou die praktiese element van haar kursus by die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) onder die leiding van Kansa-maatskaplike werker vir die plaaslike distrik, Naomi Philander. “Ons almal hier het ‘n storie. Dit mag dalk nie borskanker wees nie, maar dalk ‘n hand van iemand wat ons vasgehou het of dalk ‘n verhaal van kanker-oorwinning wat ons saam vier,” het Philander na afloop van die staptog gesê.

Benewens die staptog was daar ‘n ook uitstalling van die Stellenbosch GBV-sentrum, wat slagoffers van geslagsgebaseerde geweld help, die Stellenbosch-hospies, die Optima Rustenvrede-privaathsopitaal, die plaaslike munisipaliteit asook die Pniël-museum, waar die geleentheid plaasgevind het.
Die kleinspan van ‘n plaaslike kleuterskool het ook van die appels gekry wat aan die stappers uitgedeel is na afloop van die oggend se stappie.
Saam het die vroue ook ‘n sirkel van hoop gevorm met Philander wat ‘n bemoedigende praatjie gelewer het. Daar was ook vetpret met die vroue met die beste uitrustings wat bederfies ontvang het en ‘n spesiale kombersie is aan een kankeroorwinaar gegee.
Philander nooi enige plaaslike inwoner wat hulp van Kansa verlang om met te bel by 061 2029 9426.







You must be logged in to post a comment.