Dié vier atlete was finaliste in die 2022- Kaapse Wynland-sportraad-toekennings danksy hul uitstekende prestasies vanjaar. Van links is die Stellenbossers Peter Boyes, Coenie van Vuuren en Wilan Basson en die Paarliet Michelle Dreyer. Boyes (o.19-seuns), ’n leerder aan Paul Roos Gimnasium (PRG), het die negende plek in die 2022- Wêreld-triathle-kampioenskap in Madeira behaal, die 14de plek by die 2022- Wêreld-biathle-kampioenskap in Madeira en die 20ste plek by die 2022- Wêreld-laserpistoolskiet-hardloop-kampioenskap in Portugal. Van Vuuren (’n mans-meestersatleet) is die buite-afrigter by PRG en het ’n goue medalje by die 2022- SA Nasionale Moderne Vyfkamp-kampioenskap verwerf, brons by die Wêreld-laserpistoolskiet-hardloop-kampioenskap, silwer by die Wêreld- biathle-kampioenskap en goud by die 2022- laserpistoolskiet-hardloop-wêreld-stadtoer-kampioenskap in Madeira. Basson (o.17-seuns) is ook ’n PRG-leerder en het goud by die 2022- SA Nasionale Vierkamp-kampioenskap gewen, asook die sesde plek by die 2022- SA Nasionale Laserpistoolskiet-hardloop-kampioenskap verower om vir die SA span te kwalifiseer, die 13de plek by die 2022- Wêreld-triathle-kampioenskap behaal en ’n silwermedalje as spanlid vir die SA o.17-span by die Triathle
Credit: SYSTEM
Eikestad-atlete blink uit
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.