Die Stellenbosch-vliegklub het die afgelope naweek honderde mense by die plaaslike vliegveld verwelkom vir vanjaar se Stellenbosch-lugskou. Op Vrydag 22 en Saterdag 23 Maart het talle verskillende vliegtuie die lug ingevaar vir die skouspelagtige geleentheid. Benewens die talle toertjies was daar selfs valskermspringers wat die geleentheid met ’n sprong geopen het. Hier is lede van die Flying Lions in aksie. Foto: Silvia Kirkman/Silvietta Photography


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article