Raymond van der Westhuizen gee ’n druk aan Francois van Rooyen nadat hul klub, die Dorstige Dertigs Wynproe-klub, vanjaar se Blaauwklippen Bending-kompetisie gewen het. Foto: Yaël Malgas


Dit het die Dorstige Dertigs-wynproe-klub 24 jaar geneem, maar plaaslike wynliefhebbers het vanjaar weer koning gekraai by die Blaauwklippen Blending-kompetisie.

Blaauwklippen het wynklubs vir die 41ste jaar van die kompetisie uitgedaag om ’n Bordeaux-styl-versnit te maak. Die klubs het cabernet franc, merlot, malbec en petit verdot ontvang en moes hul wenresep aan die wynlandgoed stuur.

Hier het Guy McDonald, Clive Torr, Alistair Rimmer, Helena Melis en Blaauwklippen se wynmaker, Narina Cloete, die 78 inskrywings van reg oor die land beoordeel.

Die vier beste versnitte is deur die Dorstige Dertigs-wynproe-klub, Sophie’s Choice van Bellville en die Gautengse klubs Fae-Bulous-wynklub en VATS gemaak.

Raymond van der Westhuizen en Francois van Rooyen het die wenklub, Stellenbosch-Somerset-Wes, verteenwoordig.

Lede kom maandeliks bymekaar om wyn te proe en hul liefde vir wyn te deel.

Belangstellendes kan self die Dorstige Dertigs se versnit proe deur Blaauwklippen te besoek of ’n bottel te bestel.

Die beoordelaars van vanjaar se kompetisie was Guy McDonald, Narina Cloete, Alistair Rimmer en Clive Torr.Foto: Yaël Malgas

Alistair Rimmer, Guy McDonald, Narina Cloete, Francois van Rooyen, Alistair Rimmer en Clive Torr. Foto: Yaël Malgas

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article