Dis weer derbytyd in Stellenbosch dié naweek, met die wintersportspanne van Cloetesville Sekondêr en die Hoërskool Luckhoff wat Saterdag (26 Augustus) mekaar die stryd gaan aansê. Dié twee buurskole vier vanjaar die 22ste bestaansjaar van dié derby-kragmeting en Cloetesville Sekondêr speel vanjaar gasheer vir sy mededinger op die Idasvallei-sportterrein. Cloetesville sal hoop hulle beleef ’n ommeswaai vanjaar, nadat Luckhoff verlede jaar met die louere en spogregte weggestap het. Die skole se sokker-, rugby-, netbal- en skaakspanne van o.14 tot o.19 sal in aksie wees, met die o.19-rugby, -netbal en -sokker wat regstreeks op die SuperSport Schools-App uitgesaai sal word. Op die foto is al die spankapteins van die twee skole met die skoolhoofde Dorian Meyer van Cloetesville Sekondêr (voor, vierde van links) en Chris Jooste van Luckhoff Hoër (voor, vierde van regs). Die derby word met trots deur Leapfrog, NTT Stellenbosch, FNB, Sporttrust SA en Bussy B Transport geborg.Foto: Angelo Julies


Dis weer derbytyd in Stellenbosch!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article