Die Hoërskool Cloetsville se skoonhede is vroeër vanjaar gekroon. Die koninklike hof was Luyanda Claasen (2de prins, mnr. Fotogenies), Aaliyah Lindoor (2de prins), Enrico Isaacs (1ste prins), Kiarah Arnolds (1ste prinses), mnr. en mej. Cloetesville, Curtley Kerwel en Chleó Daniels, Alupheli Xinwya (mej. Fotogenies), Connor Witbooi (mnr. Persoonlikheid) en Shaneqay Miggel (mej. Persoonlikheid).

Die gees het behoorlik geheers tot aanloop van derby-week by buurskole Hoërskool Luckhoff en Hoërskool Cloetesville.

Die Hoërskool Lückhoff se koninklike hof was opgetooi vir die geleentheid met die skool se skoonhede wat op die loopplank was. Foto: I&J’s Photography
Geesweek by die Hoërskool Cloetsville het beteken leerders het hul Toughees vir iets prettigs verruil.
‘n Kruiwa, piekniekmaatjie en selfs ‘n stootwaentjie om die skoolboeke te dra tydens Geesweek – enigiets behalwe ‘n rugsak!
Die jaarlikse kerkdiens om die buurskole sterkte toe te wens vir derby-dag is Sondag (17 Augustus) by die Volkskerk van Afrika-Stellenbosch aangebied.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article