Hierdie vier leerlinge van die Laerskool Stellenbosch het 5-6 April deelgeneem aan Talent Afrika in Port Elizabeth onder die vandaal van die Dance Mouse Dance Company (DMDC). Met deelname aan hierdie kompetisie het hulle die Westelike Provinsie in uitvoerende kunste verteenwoordig. Hul dansitem, Enamabala (wat uit ’n produksie van 28 dansers bestaan), het goud en ook die titel van beste algehele dansgroep losgeslaan. Hulle kwalifiseer nou om Suid-Afrika by Talent America in New York te verteenwoordig. Van links is Helen Jensen, Zita van Tonder, Evah Jordaan en Leah van Heerden.
Beste dansgroep
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.