Die jaarlikse Walk With Disability het die afgelope Saterdag (15 November) in die Stellenbosch-middedorp plaasgevind. Dié sewende staptog is deur die plaaslike organisasie ChangeAbility gereël, wat baanbrekers- werk met sy programme verrig om die lewe van mense met gestremdhede te verbeter. Altesaam 507 mense elk met ‘n verskeidenheid gestremdhede en hul versorgers het die strate ingevaar. Lede van Macassar se ChangeAbility het hul gate uit geniet, met sommige wat gesê het dit was hul eerste keer in die Eikestad. Foto: Yaël Malgas

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article