Stellenbosch-sportman Earl Hendricks (57) is Sondag (25 Augustus) oorlede. Hendricks was destyds doelwagter vir sy plaaslike sokkerspan wat die Hunters Gold-toernooi gewen het. Later was hy ’n internasionale gekeurde krieketskeidsregter. Volgens sy familie sal hou veral onthou word vir sy bydrae tot sport en as trotse pa van sy vier kinders. Hendricks laat sy vrou, dogter en drie seuns agter.


Bekende sportman oorlede

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article